South Africa Limpopo Biki Alleen Gasteplaas n Limpopo - ZQB601737

Southern Staying Info Administrator

Biki Alleen Gasteplaas n Limpopo - ZQB601737

South Africa Limpopo Mookgophong

from 300 ZAR per bed (More Rates)

Keelvol vir mense, verkeer werk toe en terug, geraas en serenes wat skree?


Kom na die rustigheid van Biki Alleen!!


Waar kry jy nog ‘n wegbreek waar daar geen ander mense, behalwe Edgar die plaashulp, te sien en te hoor is nie. Jy het reggehoor by Biki Alleen, is jy allen. Vir jonges beteken dit….romanties wees. Vir die oueres beteken dit……..net rustig wees.

Ons gaste plaas is geleë in die hartjie van die Waterberge net ‘n katspoegie van Naboomspruit (Mookgophong) af.
Hier kan jy gewoond raak daaraan om in die oggend wakker gemaak te word deur die tarentale en fisante se geroep.
Hier is ‘n ryk voëllewe bedags en in die aande verwelkom die naguiltjies en bosnagapies jou terwyl jy om ‘n knetterende vuurtjie sit en kuier.

Ons het ook verskillende boksoorte op die plaas soos, njala’s, bles- en rooibokke, steenbokkies, bosbokke en ook blouwildebeeste wat jy op jou eie tyd, met jou stapskoene aan, kan gaan besigtig.

Kry jy dalk die wandellus kan jy gerus reël om op die berg te gaan braai en dan terselfdertyd ‘n groot deel van die Waterberge uit die hoogtes te beloer.

Vang die bosveld hitte jou dalk, dan is jy welkom om lekker te gaan afkoel in ons eie sement plaasdam.
Net soos ons plaasmense daaraan gewoond is.

Die plaashuis het slaapplek vir 8 persone.

* Daar is 4 slaapkamers wat altesaam agt persone kan akkomodeer.
(Die hoofslaapkamer het ‘n koningin grote bed met ‘n lugversorger,
die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens,
die derde het n dubbelbed en
die 4de Slaapkamer het 'n gemaklike stapelbed. Duursame linne en badhandoeke word voorsien.)
* Daar is 2 netjiese badkamers een met ‘n bad en ‘ n stort en die ander een met net ‘n stort.
* Daar is ‘n ruim sitkamer met gemaklike sitplek en ‘n kaggel waarin ‘n gesellige vuurtjie aangesteek kan word om die byt uit die bosveldwinter te haal.
* In die kuier area is ‘n pooltafel waarrondom gaste hul tyd kan verwyl.
* Deel van die leefarea is ‘n tenvolle toegeruste oopplan kombuis, sodat niemand uitgesluit hoef te voel wanneer maaltye berei word nie.
* Jacuzzi
* Private Swimming Pool
* Pool Table
* No Smoking
* No Pets

Voel jy dalk lus om uitstappies te onderneem? In die omgewing is baie om te sien en te doen soos die warmwaterbronne van Lekkerrus een kilometer, Libertas 2 kilometer en die Oog 5 kilometer weg. Die krokodilplase Lalele en Bouncy Crock kan besoek word en daar kan ook heerlike ontbyte of ligte middagetes geniet word. Restaurante vir smullekker aandetes wat aan te beveel is, is Die Olifant restaurant, en Bushpub by Mvu.

Ons roem op ons Bosveld-rustigheid.

Kom beleef die voël lewe, wild op die plaas en die uitsonderlike naggeluide, om ʼn vuurtjie, elke aand.

Kom sakel af en herlaai jou batterye.

Bespreek vandag nog.



Where do you get another break where there are no other people, except Edgar the farm aid, to see and hear. For young people it means ... be romantic. For the parent it means ...... be calm.

Our guest farm is located in the heart of the Waterberg Mountains, just a stonethrow from Naboomspruit (Mookgophong).
Here you can get used to waking up in the morning by the call of the guinea fowl and pheasants.
Here is a rich bird life by day and in the evenings the night-owl and bushbaby welcome you as you sit and watch a crackling fire.

If you can get the walk, you can rest assured that you can braai on the mountain while at the same time letting a large part of the Waterberg out of the heights.

If the heat of the woods catches you, you are welcome to cool down in our own cement farm dam.
Just like our farm people are used to it.

The farmhouse sleeps 8 people.

* There are 4 bedrooms that can accommodate a total of eight people.
(The main bedroom has a queen sized bed with an air conditioner,
the second bedroom has 2 single beds,
the third has a double bed and
The 4th Bedroom has a comfortable bunk bed. Linen and bath towels are provided.)
* There are 2 neat bathrooms one with a bath and a shower and the other one with just a shower.
* There is a spacious lounge with comfortable seating and a fireplace in which a cozy fire can be lit to catch the bite from the bushveld winter.
* In the viewing area there is a pool table in which guests can spend their time.
* Part of the living area is a fully equipped open plan kitchen, so nobody needs to be excluded when meals are prepared.
* Jacuzzi
* Private Swimming Pool
* Pool Table
* No Smoking
* No Pets

Come experience the bird life, wildlife on the farm and the exceptional night sounds, a fire every night.
Come and slow down while recharge your batteries.

Book today.

Bedrooms: 4 Bathrooms: 2 Furnished Holiday House to Rent 0 sq. m Accommodates: 8 guests Minimum Stay: 1 nights Ref - ZQB601737